Bepalings en voorwaardes: Sanlam Persoonlike Lenings – Droomvoertuig
- Hierdie promosiekompetisie word aangebied deur Sanlam Persoonlike Lenings (Edms.) Bpk. (Registrasienommer: 2001/016316/07) (‘SPL’) (‘die promotors’).
- SPL is ‘n geregistreerde kredietverskaffer, NCRCP272, en hierdie promosiekompetisie is beperk tot Sanlam Persoonlike Lenings.
- Indien u vir die kompetisie inskryf, stem u toe en is verbind tot die kompetisiereëls daarin vervat.
- Die kompetisie begin op 1 November 2024 en eindig op 30 April 2025 en alle inskrywings moet teen 31 Januarie 2025 ontvang wees.
- Die prys van hierdie promosiekompetisie is ’n Toyota Starlet Cross 1.5L Xs AT motorvoertuig.
- Slegs bestaande Sanlam Persoonlike Lenings kliënte mag vanaf 1 November 2024, en mits hul ’n SMS en/of e-pos van SPL ontvang het wat hulle genooi het om aan die kompetisie deel te neem van 1 November 2024 – 31 Januarie 2025, aan die kompetisie deelneem.
- Om as ’n bestaande kliënt te kwalifiseer:
- moet u Sanlam Persoonlike Lening steeds aktief wees tydens die inskrywing van die kompetisie en aktief bly tot die kompetisie op 1 November 2024 begin – wat beteken dat die lening op die tydstip van inskrywing nie voor 31 Januarie 2025 ten volle of vroeg vereffen is nie; en
- die vervaldatum/einddatum van die leningstydperk moet die einddatum van die kompetisie, 30 April 2025, oorskry.
- Om die prys te kan wen, mag bestaande kliënte wat vir die kompetisie inskryf nie in enige stadium van skuldoorsig, administrasie, sekwestrasie, insolvensie en/of bankrotskap wees, tot en met die einddatum van die kompetisie op 30 April 2025, indien hulle in aanmerking vir die trekking wil wees nie. As u een van hierdie stadiums betree, word u outomaties van die kompetisie gediskwalifiseer.
- U sal outomaties van die kompetisie en u kans om die prys te wen gediskwalifiseer word indien u rekening op 30 April 2025 agterstallig is.
- Kliënte wie se rekening op 31 Januarie 2025 op datum is, sal ’n bykomende inskrywing vir die trekking van die prys ontvang.
- Om in te skryf, moet u ’n inwoner van die Republiek van Suid-Afrika wees en 18 jaar of ouer wees.
- Om in te skryf, moet u antwoord op die e-pos- of SMS kompetisie-uitnodiging, wat u gedurende die tydperk van 1 November 2024 tot 31 Januarie 2025 sal ontvang soos uiteengesit in die uitnodiging. Stuur u antwoord, wat teen 31 Januarie 2025 SPL moet bereik, per e-pos of SMS.
- Indien die wenner/s nie aan al hierdie kompetisiereëls of die terme van ontvangs van die pryse voldoen nie, of as die wenner/s onredelik weier om die promotor se wennersverklaring en prysaanvaardingsvorm, of enige ander dokumente wat vereis word om die prys binne ’n redelike tyd te ontvang soos deur die promotors bepaal, te teken, sal die wenner gediskwalifiseer word en die prys verbeur. Die promotors mag volgens hul diskresie besluit om ’n vervangingswenner te trek.
- Die promotors behou die reg voor om enige deelnemer wat van bedrog of oneerlikheid verdink word te diskwalifiseer, insluitend sonder beperkings, deur die manipulering van die kode of andersins die vervalsing van data.
- Die reg van toegang tot die kompetisie berus uitsluitlik by die promotors.
- Inskrywings word beperk tot een inskrywing per persoon, ongeag die aantal persoonlike leningsooreenkomste wat die deelnemer het.
- Een wenner sal lukraak deur ’n onafhanklike derde party getrek word.
- Behoudens die wet, sal alle deelnemers aan die besluit van die onafhanklike derde party gebonde wees.
- Die datum van die trekking vir die prys is 15 Mei 2025.
- Die promotors sal probeer om die wenner/s telefonies en/of per e-pos en/of SMS te kontak binne 2 (twee) weke nadat die wenner getrek is. Indien die wenner/s nie na 3 (drie) pogings bereik kan word nie, behou die promotors die reg om ’n plaasvervanger/s te trek.
- Daar sal van wenners vereis word om besonderhede te verskaf en dokumente te teken wat wetlik vereis word vir die registrasie en lewering van die prys.
- Die resultate van die wenner mag ook op die promotors se Facebook-bladsye gepubliseer word, indien van toepassing.
- Die volgende persone mag nie aan die kompetisie deelneem nie:
- Direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van die promotors, of enige verskaffer van goedere of dienste wat met die kompetisie verband hou.
- Die gade, lewensmaat, besigheidsvennoot of assosiaat, of die natuurlike of aangenome ouer, kind of broer/suster, of enige persoon soos in par (a) hierbo uiteengesit is.
- Indien u via SMS inskryf, sal SMS’e teen die minimum voorgeskrewe koers verhaal word. Gratis minute is nie geldig nie.
- Let asseblief daarop dat inskrywing via ’n elektroniese platform is. Alhoewel die promotors alle redelike stappe sal neem, sal die promotor nie aanspreeklik wees vir enige tegniese probleme of enige verlore, vertraagde of verkeerd-ontvangde inskrywings nie.
- Die promotors sal nie aanspreeklik wees vir enige koste of uitgawes deur u aangegaan met betrekking tot die prys en die gebruik daarvan nie.
- Wenners mag versoek word om hul ID-boeke te toon vir die doel van bevestiging.
- Die promotors maak geen voorstellings of gee enige waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, vir die prys nie, en maak geen voorstellings en gee geen waarborg dat u inskrywing noodwendig daartoe sal lei dat u ’n prys wen nie, of dat sodanige prys indien u wen, bevredigend, stiptelik, vry van enige gebreke, veilig of betroubaar sal wees nie.
- Onderhewig aan die wet, sal die promotors nie verantwoordelik wees vir enige skade, verlies of eis met betrekking tot die voorsiening van enige element van ’n prys of enige veranderinge wat op enige tyd aan ’n prys gemaak kan word nie.
- Die prys is nie aan ’n ander persoon oordraagbaar nie, en kan nie vir kontant verruil of uitgestel word nie.
- BELANGRIKE KENNISGEWING: BELASTINGIMPLIKASIES: Ons beveel ten sterkste aan dat u onafhanklike professionele advies rakende belastingimplikasies inwin wat voortspruit uit die ontvangs, oordrag of besteding van enige prys/pryse, toekennings en/of belonings wat ten opsigte van hierdie kompetisie verkry is. U is ten volle verantwoordelik vir enige belastingimplikasies wat voortspruit uit of geassosieer word met die ontvangs, oordrag of besteding van enige prys/pryse, toekennings en/of belonings aan u vir u deelname aan hierdie kompetisie. U stem saam dat u nie Sanlam Persoonlike Lenings aanspreeklik sal hou nie en dat u hiermee Sanlam Persoonlike Lenings ten volle vrywaar, en dat Sanlam Persoonlike Lenings heeltemal onskuldig staan teen alle skade, eise en boetes wat teen u Sanlam Persoonlike Lenings gemaak word, insluitende alle regskoste op ’n prokureur-en-eie-kliënt-skaal, tot die mate waarin sodanige skade, eise en boetes ontstaan uit of verband hou met enige belasting wat verband hou met u ontvangs, oordrag of besteding van enige prys/pryse, toekennings en/of belonings of die koste ten opsigte daarvan.
- Die waarde van die prys sluit BTW in. Wenner/s kan in terme van toepaslike wetgewing belas word en die deelnemers wat duidelikheid wil hê oor die belastingimplikasies, moet ’n direktief van die betrokke inkomstediens/gesag verkry.
- Eienaarskap en risiko met betrekking tot die prys word by aflewering oorgedra.
- Pryse sal by die wenners se woonadres afgelewer word. Alternatiewelik kan die prys deur die wenner by die naaste motorhandelaar gehaal word. Die besonderhede hiervan sal met die wenner ten datum van die trekking bespreek en gefinaliseer word. Die prys sal nie later as 1 Augustus 2025 by die adres afgelewer word of by die motorhandelaar gehaal word nie.
- Die prys word soos dit is verskaf, en volgens die wet is die promotors nie aanspreeklik vir enige foutiewe produkte, skade of gevolglike verlies as gevolg van die gebruik van die prys nie, en die promotors is nie aanspreeklik om enige foutiewe produkte te vervang of te herstel nie.
- U mag nie inskryf nie, en sal gediskwalifiseer word, indien dit onwettig is dat die promotors die prys aan u verskaf.
- U stem in dat die promotors u naam op bemarkingsplatforms, insluitend webwerwe, blogs, nuusbriewe en sosiale mediaplatforms kan publiseer. U kan gevra word om aan bemarkingsaktiwiteite deel te neem, maar kan sodanige uitnodigings enige tyd van die hand wys.
- U stem saam dat u deelname aan die kompetisie, en u aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, op u eie risiko is.
- U sal outomaties van die kompetisie gediskwalifiseer word in geval van u dood, op enige stadium vanaf die datum van inskrywing vir die kompetisie tot die kompetisie-einddatum van 30 April 202.
- U, en in geval van u dood u familie, afhanklikes, erfgename, regverkrygendes of enige ander begunstigdes van u boedel, vrywaar die promotors en hul verskaffers teen enige eis van enige aard (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) deur u, of u maat (indien van toepassing), hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en/of skade wat u mag ly, hoe dit ook al ontstaan, in verband met u inskrywing vir die kompetisie en/of aanvaarding en/of gebruik van die prys, behalwe waar dit in die wet verbied word.
- Die promotors behou die reg voor om die kompetisie op enige stadium te kanselleer indien hulle dit nodig ag, en indien daar omstandighede buite hul beheer is.